1987 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 11-06-2026 (vlak 1)



vorige toets 11 JUN volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 11-06-2026 só ingevul:



........ is teen die reëls van die skool.
8 % (afgerond)Stokkies draai
2 % (afgerond)Strikkiesdraai
1 % (afgerond)Strikkies draai
88 % (afgerond)Stokkiesdraai 

As iemand "stokkiesdraai", bly hy/sy sonder toestemming weg van skool.
Sien ook die bladsy Betekenisverdigting.



Oupa het gister vir my gesê dit klink vir hom of my motor se aansitter ........ iets makeer.
33 % (afgerond)'starter'
50 % (afgerond)("starter") 
9 % (afgerond)"(starter)"
8 % (afgerond)starter

Vertalings word tussen hakies geskryf, gewoonlik in skuinsdruk of tussen aanhalingstekens.
Sien ook die bladsy Hakies.



Uitdrukking: Buig of ........ .
92 % (afgerond)bars 
2 % (afgerond)suig
6 % (afgerond)breek

Die uitdrukking "buig of bars" beteken 'dit moet, kom wat wil'.
(Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



Het jy al die ........ Toring van Piza besoek?
55 % (afgerond)skewe
1 % (afgerond)Skeef
skeef
44 % (afgerond)Skewe 

Soortname wat as eiename optree, kry aanvangshoofletters (behalwe lidwoorde en voorsetsels) (AWS 9.9).
Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.



TOTAALRESULTAAT:
68% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties