2024 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 25-05-2026 (vlak 3)



vorige toets 25 MEI Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 25-05-2026 só ingevul:



Die oplossing wat julle voorstel, is erg kwestieus.
'n Sinoniem vir die woord "kwestieus" is ........ .
1 % (afgerond)opwindend
71 % (afgerond)twyfelagtig 
24 % (afgerond)kommerwekkend
3 % (afgerond)beklemmend

Sinonieme is woorde wat min of meer dieselfde betekenis het. Die woord "kwestieus" word nie so dikwels gebruik nie en is nogal deftig.
Bron: HAT6.
Sien ook die bladsy Sinonieme.



Idioom: Wie die ........ bedien, moet van die ........ lewe.
75 % (afgerond)altaar; altaar 
1 % (afgerond)regering; regering
18 % (afgerond)afgod; afgod
5 % (afgerond)publiek; publiek

Hierdie idioom beteken 'elkeen behoort uit sy beroep 'n bestaan te kan maak'.
Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



Dr. Botha is 'n bekende ........ .
24 % (afgerond)oor- neus- en keelspesialis
1 % (afgerond)oor/neus/keelspesialis
52 % (afgerond)oor-neus-en-keelspesialis 
24 % (afgerond)oor-, neus- en keelspesialis

In komplekse samestellings word die dele met koppeltekens geskei. Daar sou ook 'n koppelteken geskryf kan word tussen "keel" en "spesialis", maar dit is nie verpligtend nie.
Sien ook die bladsy Koppeltekens.



My troudag was 'n belangrike datum in my lewe.
Wat is die subkategorie van die betrokke woordsoort van "datum" in bostaande sin?
27 % (afgerond)tydnaam
3 % (afgerond)versamelnaam
2 % (afgerond)eienaam
68 % (afgerond)soortnaam 

Soortname is selfstandige naamwoorde wat konkrete dinge benoem en getel kan word, byvoorbeeld "datum", "tafel", "motor" en "telefoon". Soortname begin gewoonlik met 'n kleinletter, teenoor eiename wat met 'n hoofletter begin.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



TOTAALRESULTAAT:
66% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties