2053 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 20-05-2026 (vlak 3)



vorige toets 20 MEI volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 20-05-2026 só ingevul:



Aspersies is 'n minder gewilde kossoort. (Aspersies is 'n groentesoort ........
30 % (afgerond)).
63 % (afgerond).) 
5 % (afgerond). )
2 % (afgerond)) .

Ons plaas woorde tussen hakies om iets te verduidelik, as dit 'n vertaling is, of as ons 'n wisselvorm wil aandui. As 'n hele sin tussen hakies is, kom die hakie voor die eerste woord en ná die punt.
Sien ook die bladsy Hakies.



Die presidentskandidaat het die beoogde ........ die kern van sy veldtog gemaak.
23 % (afgerond)12-nasie-transpasifiese vennootskap
44 % (afgerond)12-nasie- transpasifiese vennootskap 
7 % (afgerond)12 nasie transpasifiese vennootskap
25 % (afgerond)12-nasie-transpasifiese-vennootskap

Afstandsamestellings moet volgens die jongste AWS met ʼn koppelteken geskryf word. Sonder die tussenkomende byvoeglike naamwoord (“transpasifiese”) sou dit vas geskryf word as “12-nasievennootskap” (AWS 12.25).
Sien ook die bladsy Koppeltekens.



Durban is die grootste stad in ........ .
32 % (afgerond)KwaZoeloe-Natal of KwaZulu-Natal
1 % (afgerond)slegs KwaZoeloe-Natal
58 % (afgerond)slegs KwaZulu-Natal 
9 % (afgerond)slegs kwaZulu-Natal

Let op die hoofletter "Z" in die middel van "KwaZulu". Al kan ons "Zoeloe" of "Zulu" skryf om na onder andere die taalnaam te verwys, word die provinsie se naam slegs op een manier geskryf.
Sien ook die bladsy Plekname.



Idioom: Dis nie almal ........ wat lang messe dra nie.
23 % (afgerond)struikrowers
56 % (afgerond)kokke 
6 % (afgerond)barbiere
15 % (afgerond)moordenaars

Die idioom "dis nie almal kokke wat lang messe dra nie", beteken ‘skyn bedrieg’. Die Engelse weergawe van hierdie idioom is, ‘it is not every cowl that hids a friar’. (Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



TOTAALRESULTAAT:
55% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties