20 MEI (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 20-05-2026 só ingevul:
Hier was ’n muur wat ons ........ het; nou is die vertrek baie groter.
gedeurslaan deur geslaan deurgeslaan
Skeibare werkwoorde wat die hoofklem op die eerste lettergreep het, vorm die voltooide deelwoord met "-ge-" (AWS 17.2).
Sien ook die bladsy Deelwoorde.
Ons het verdwaal; stop en vra iemand om vir ons die pad te ........ .
bedye bedui bedeie beduie
As gevolg van ontronding in die uitspraak, skryf party mense verkeerdelik "bedeie" in plaas van die korrekte "beduie".
Sien ook die bladsy Ont-/oorronding.
Jy moenie ........ nie!
seer kry seer-kry seerkry
Wanneer 'n bywoord ("seer") plus 'n werkwoord ("kry") met verloop van tyd 'n gespesialiseerde betekenis verkry wat verskil van die oorspronklike groep, word die verbinding vas geskryf.
Sien ook die bladsy Betekenisverdigting.
Dit is 'n sterk reuk. 'n Antoniem vir "sterk" in die bogenoemde sin is:
irriterende goeie maklike swak
Die antoniem van 'n woord is 'n woord met 'n teenoorgestelde betekenis.
Sien ook die bladsy Antonieme.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)