'n Selfstandige naamwoord verwys na 'n persoon, plek, saak, eienskap of gebeurtenis. 'n Mens kan dit uitken deurdat 'n mens 'n lidwoord (“’n” of “die”) voor die woord kan sit en dat dit 'n meervoudsvorm het, byvoorbeeld “snoet - die snoet – snoete”.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Ek hou van my ........ halfgaar.
biefstuk bief-stuk bief stuk bifstuk
ʼn Samestelling ("biefstuk") is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele ("bief" en "stuk") bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.
Aangesien Stefania ........ praat, is Spaans maklik verstaanbaar vir haar.
Italiaans italiaans Italiaans of italiaans
Taalname begin met 'n hoofletter.
Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.
Idioom: Die ........ uit die mou laat.
aap hond slang kat
Die idioom "die aap uit die mou laat", beteken ‘die geheim is openbaar gemaak’. Die Engelse weergawe van hierdie spreekwoord is, ‘let the cat out of the bag’. (Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)