14 MEI (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 14-05-2026 só ingevul:
Ons kantoor is elke ........ oop.
weekdag weukdag week dag weuk dag
ʼn Samestelling ("weekdag") is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele ("week" en "dag") bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.
Hoeveel ........ is daar op kampus?
kafeteriane kafeterias kafeteria’s kafeteriaë
Woorde wat op ’n onbeklemtoonde "-a" ("kafeteria") eindig, kry nie ’n afkappingsteken in die meervoud of verkleiningsvorm nie.
Sien ook die bladsy Afkappingsteken.
Pa het die rekening betaal sonder om ........ of ba te sê.
........ kan deur dinge brand en moet baie versigtig hanteer word.
Seep soda seep-soda Seepsoda seepsoda
Die eerste woord van ʼn sin begin met ʼn hoofletter, tensy die sin met die onbepaalde lidwoord " ʼn" begin – dan kom die hoofletter ná die onbepaalde lidwoord.
Sien ook die bladsy Sinsbegin.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)