13 MEI (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 13-05-2026 só ingevul:
Die ........ omstandighede in die minder gegoede buurte in en om die middestad hou groot kommer vir die munisipale regering in.
slegs sosioëkonomiese sosioëkonomiese of sosio-ekonomiese slegs sosioekonomiese slegs sosio-ekonomiese
'n Deelteken of 'n koppelteken word gebruik in verbindings waar 'n opeenvolging van vokaalletters verkeerd gelees kan word en voorvoegsels van Klassieke herkoms betrokke is. Ander voorbeelde sluit in: "infraäkoesties" of "infra-akoesties" en "koöperasie" of "ko-operasie". (Bron: AWS 5.6)
Sien ook die bladsy Deelteken.
Die ........ was geskok oor die hofuitspraak.
terdoodveroordeelde ter doodveroordeelde ter dood veroordeelde terdood veroordeelde
"Terdoodveroordeelde" is 'n samestellende afleiding wat bestaan uit 'n woordgroep ("ter dood veroordeel") en 'n agtervoegsel ("-e").
Sien ook die bladsy Samestellende afleidings.
In die sterrekunde verwys ........ na die sterrebeeld "Ursa Major".
Groot beer Groot Beer groot Beer groot beer
Geografiese eiename, inklusief die name van sterre, planete en sterrebeelde, word met hoofletters geskryf.
Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.
Idioom: Elke ........ is koning op sy eie mishoop.
haan leeu miskruier sprinkaan
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)