11 MEI (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 11-05-2026 só ingevul:
Hy is talentvol; ........ , hy is besonder talentvol.
inteendeel trouens
Ons kan "trouens" ook vervang met "in der waarheid", "in werklikheid" of "sterker nog".
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).
Idioom: Ai, hy kon met hierdie geskenk net sowel ........ na Noorweë gestuur het!
pilare gordels skoene balke
Die idioom "om balke na Noorweë te stuur" beteken 'om vir iemand iets te stuur waarvan hy baie het'. In Engels is dit "send coals to Newcastle". (Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
Jy sal sien, sy sal nog vanself ........ .
regkom reg kom
Samestellings wat uit 'n bywoord en 'n werkwoord bestaan, word vas aan mekaar geskryf.
Sien ook die bladsy Samestellings.
Die bure se alarm het afgegaan toe die boewe inbreek. Wat is die woordsoort van "se" in bostaande sin?
besittingswoord skakelwerkwoord besitlike voornaamwoord besitspartikel
Partikels of deeltjies is kort woorde wat gewoonlik op hul eie geen betekenis het nie.
Partikels word in verskeie subkategorieë verdeel waaronder: ontkenningspartikel – tweede “nie” besitspartikel – “se” vergelykingspartikel – “so” en “soos” skakelpartikel – van sit “en” staan kom niks gedaan.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)