08 MEI (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 08-05-2026 só ingevul:
Die ........ verloor sy stert wanneer hy in gevaar verkeer.
akedus akedis akkedis akkedes
Ingevolge reël 16.13 in die AWS word die [Ə]-klank deur 'n "i" weergegee in beklemtoonde lettergrepe en in agtervoegsels.
Sien ook die bladsy Klankverwarring.
Die span kon nie ........ hul teenstanders kers vashou nie.
teen aan met by
Kollokasies is woordkombinasies wat dikwels saam gebruik word, maar nie vaste uitdrukkings is nie, omdat die woorde se afsonderlike betekenis nie verander nie. 'n Mens hou "by" iemand kers vas; hou "aan" 'n beginsel vas en hou "vir" iemand duim vas. (Bron: Voorsetselwoordeboek)
Sien ook die bladsy Kollokasies.
Fietsryers wat wil deelneem, sal moet ........ .
gouspring gou-spring gou spring
Die uitdrukking "gou spring" beteken 'opskud'. Dit is nie 'n samestelling nie aangesien dit uit 'n bywoord "gou" en 'n werkwoord "spring" bestaan en word dus los geskryf.
Sien ook die bladsy Samestellings.
Wilmer was raadop, totdat hy gehoor het van ʼn ........ wat help vir floutes.
boereraad boere raat boere raad boereraat
In die die betekenis van ''n moontlike oplossing' word die woord "raad" met 'n "d" geskryf. In die betekenis van ''n middel teen siekte uit volksgeloof' word die woord "raat" met 'n "t" geskryf.
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)