08 MEI (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 08-05-2026 só ingevul:
Die vliegtuig het in die moeilikheid beland toe 'n ........ ontplof het.
litiumbattery lithiumbattery litiumbatery lithium battery
ʼn Samestelling (“litiumbattery”) is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele (“litium” en “battery”) bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.
Die faksies stry onder die vaandel van demokrasie. Onder watter subkategorie van die betrokke woordsoort val die woord "vaandel" in bostaande sin?
strydname eiename abstrakte naamwoorde soortname
Abstrakte naamwoorde is selfstandige naamwoorde wat abstrakte oftewel ontasbare dinge benoem, byvoorbeeld "liefde", "godsdiens", "woede" ens. Hoewel die woord "vaandel" in 'n ander konteks as 'n soortnaam sou funksioneer, is dit in hierdie geval 'n abstrakte naamwoord, aangesien dit figuurlik bedoel word.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Idioom: Rus ........ .
roes rumoerig rooi rustig
Die idioom "rus roes" beteken 'van te veel rus versleg 'n mens'.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)