2053 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 07-05-2026 (vlak 3)



vorige toets 07 MEI volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 07-05-2026 só ingevul:



Daar sit gewoonlik klein ........ tussen my tande vas nadat ek biltong geëet het.
67 % (afgerond)seninkies 
19 % (afgerond)seningtjies
13 % (afgerond)seningkies
1 % (afgerond)seeninkies

Woorde wat op "ng" in 'n onbeklemtoonde lettergreep eindig, kry 'n verkleiningsvorm met "-kie", terwyl die "g" wegval (AWS15.9).
Sien ook die bladsy Verkleiningsvorme.



Ek stel voor dat ons die hele dag op die strand deurbring en ons in die branders ........ .
11 % (afgerond)vermy
72 % (afgerond)vermei 
18 % (afgerond)vermui

Die wederkerende werkwoord "vermei" beteken 'om te ontspan, jou te verlustig, jou te vermaak of genoeë te vind in iets'. Sy meer bekende homofoon, "vermy", beteken egter 'om iets of iemand te ontwyk'.

Sien ook die bladsy Homofone.



Die ........ is daarvoor verantwoordelik om genoegsame fondse vir sy werksaamhede in te samel.
4 % (afgerond)Nasionale Vroue Monument kommissie
39 % (afgerond)Nasionalevrouemonumentkommissie
1 % (afgerond)Nasionalevrouemonument kommissie
56 % (afgerond)Nasionale Vrouemonumentkommissie 

Die skryfwyse van dié woord is 'n uitsondering op die gewone reël. Sien 15.26(d) in die AWS. Meerledige geografiese en eiename wat uit meer as twee losgeskrewe dele bestaan en waarvan die hoofdele gewoonlik met hoofletters begin, word nie vas geskryf nie, byvoorbeeld "Nasionale Vrouemonumentkommissie", "Middellandse Seegebied" en "Tweede Konsiliebesluit".
Sien ook die bladsy Samestellende samestellings.



Die boot in die droogdok moet eers ........ gemaak word voordat dit te water gelaat kan word.
1 % (afgerond)see-waardig
see-vaardig
45 % (afgerond)seewaardig 
54 % (afgerond)seevaardig

Passasiers is "pad- of reisvaardig" as hulle gereed is om te vertrek. Voertuie in 'n goeie toestand is "padwaardig"; skepe is "seewaardig" en vliegtuie is "lugwaardig".
(Bron: Skryf Afrikaans A tot Z)
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).



TOTAALRESULTAAT:
60% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties