07 MEI (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 07-05-2026 só ingevul:
Die kerk op die dorp het sowat 850 ........ .
ledemate litmate lidmate
Die woord "ledemate" verwys na dele van 'n liggaam, byvoorbeeld arms en bene. Die woord "lidmate" verwys na mense wat aan 'n bepaalde kerk behoort.
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).
Die nuwe motor word in drie ........ op ʼn rekenaarskerm vertoon.
dimensië dimensens dimense dimensies
Woorde wat eindig op “-a”, “-e”, “-i”, “-o”, “-u” wat nie ’n tweeklank is nie en ’n onbeklemtoonde “-ie” of “-ee” eindig, kry “-s” in die meervoud (AWS 13.5).
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.
Jy is die wenner van honderdduisend ........ .
Dollar dollar
Die name van geldeenhede begin met 'n kleinletter.
Sien ook die bladsy Geldeenhede.
Sy moes haar rok inkort, want dit was te lank. Wat is die woordsoort van "inkort" in bostaande sinne?
'n Werkwoord benoem die aksie of proses in 'n sin. Een manier om vas te stel of 'n woord 'n werkwoord is, is om te kyk of daar 'n verledetydsvorm van die woord bestaan, wat gewoonlik met "ge-" aangedui word.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)