2053 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 06-05-2026 (vlak 2)



vorige toets 06 MEI volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 06-05-2026 só ingevul:



Die ........ kanovaart was ’n uitmergelende tog vir die deelnemers.
16 % (afgerond)tien daelange
28 % (afgerond)tiendae lange
14 % (afgerond)tien-dae lange
41 % (afgerond)tien dae lange 

Woorde wat tydsduur of mate aandui ("dae") gevolg deur ’n byvoeglike naamwoord ("lange") word los geskryf.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



Nadat die waarheid oor die minister se geldsake uitgekom het, is hy as ........ gebrandmerk.
leuënar
88 % (afgerond)leuenaar 
3 % (afgerond)leuënaar
9 % (afgerond)leunaar

Ter wille van tradisie of in gevalle waar geen uitspraakprobleme ontstaan nie, word die deelteken nie gebruik nie, byvoorbeeld "leuenaar", "dae", "geolie" en "geykte" (AWS 5.1b).
Sien ook die bladsy Deelteken.



Baie mense het na dese ʼn hoë ........ van Gerrie Nel.

1 % (afgerond)dank
6 % (afgerond)denk
14 % (afgerond)dink
79 % (afgerond)dunk 

As jy ʼn hoë dunk (nie "dink" nie) van iemand het, het jy agting vir die persoon. Die selfstandige naamwoord "dunk" (wat 'mening' beteken) is al in die dertiende eeu in Brabant-Wes opgeteken. (Bron: Vroegmiddelnederlands Woordenboek)

Sien ook die bladsy Kollokasies.



Geagte ........ Dreyer. Wanneer kan ek u spreek? Sandra.
17 % (afgerond)slegs Professor
48 % (afgerond)professor of Professor
34 % (afgerond)slegs professor 

Aanhefvorme in die middel van 'n sin en met 'n daaropvolgende eienaam, begin met 'n kleinletter.
Sien ook die bladsy Aanspreekvorme.



TOTAALRESULTAAT:
61% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties