06 MEI (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 06-05-2026 só ingevul:
Die ........ is in 1934 op die been gebring in die omgewing waar die Hartsrivier in die Vaalrivier vloei.
Vaalharts-besproeiïngskema Vaalharts-besproeïngskema Vaalharts-besproeingskema Vaalharts-besproeiingskema
Woorde wat twee "i's" langs mekaar het, word nie as diftonge uitgespreek nie en kry dus nie deeltekens nie. (Bron: http://af.wikipedia.org/wiki/Vaalharts-besproeiingskema)
Sien ook die bladsy Deelteken.
Die motor maak 'n groot lawaai as ek om 'n draai gaan. Dit beteken waarskynlik dat die ........ vervang moet word.
konstante-snelheids-las-as konstantesnelheidslasas konstante snelheids las as konstante snelheidslas-as
Samestellende samestellings word vas geskryf en bestaan tipies uit ʼn woordgroep (byvoeglike naamwoord "konstante" + selfstandige naamwoord "snelheid") en ʼn selfstandige naamwoord "lasas".
Sien ook die bladsy Samestellende samestellings.
Sy studeer ........ .
Algemene Taalwetenskap Algemene Taalwetenskap of algemene taalwetenskap Algemene-Taalwetenskap algemene taalwetenskap
Die name van vakke en dissiplines word met 'n hoof- of 'n kleinletter geskryf.
Sien ook die bladsy Hoof- of kleinletter.
Vele staatsamptenare word ........ vervroegde pensioen gestel.
in met op aan
Iemand word OP pensioen gestel, en hy/sy is dan OP/MET pensioen. (Bron: WAT)
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)