01 MEI (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 01-05-2026 só ingevul:
As ons ʼn ........ kan vind, kan ons begin werk aan die projek.
formule vormule formuule vormuule
Klankverwarring lei dikwels tot spelfoute wanneer twee letters dieselfde uitgespreek word in Afrikaans. Twee letters wat dikwels verwar word, is "f" en "v".
Sien ook die bladsy Klankverwarring.
Sy ........ 'n sug van verligting toe die die onderwyseres by haar verbystap sonder om haar huiswerk na te gaan.
slaak slaag slaap slaan
Die werkwoord "slaak", wat volgens die HAT 'loslaat' of 'vrylaat' beteken, word in die kollokasie "slaak 'n sug van verligting" gebruik, eerder as die ander soortgelyk klinkende opsies, wat egter almal nikseggend in hierdie konteks is.
Sien ook die bladsy Kollokasies.
Die foto's word ontwikkel in 'n ........ .
donker-kamer donkerkamer donker kamer
Wanneer 'n byvoeglike naamwoord ("donker") plus 'n naamwoord ("kamer") betekenisverdigting ondergaan het, word die verbinding vas geskryf.
Sien ook die bladsy Betekenisverdigting.
Ons moes eerder opgetree het; nou is dit te laat. 'n Sinoniem vir die woord "eerder" in bostaande sin is ........ .
liewer aan die begin juis vroeër
Sinonieme is verskillende woorde wat min of meer dieselfde betekenis het, byvoorbeeld "eerder - vroeër", "lawaai - geraas", "nagalm - eggo".
Sien ook die bladsy Sinonieme.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)