01 MEI (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 01-05-2026 só ingevul:
Die pianis speel J.S. Bach se Prelude en Fuga in ........ .
C#-mineur C# mineur C-kruismineur C#-mineur of C-kruismineur
Samestellings met 'n simbool ("C#-mineur") word met 'n koppelteken geskryf.
Sien ook die bladsy Koppeltekens.
Die huis se dak lek. Onder watter subkategorie van die woordsoort val "se" in bostaande sin?
besitspartikel ontkenningspartikel vergelykingspartikel skakelpartikel
Partikels of deeltjies is kort woorde, wat gewoonlik op hul eie geen betekenis het nie. Daar is verskeie soorte partikels, byvoorbeeld die besitspartikel "se" en die ontkenningspartikel "nie".
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
As jy iemand ondersteun of verdedig, sê ons in die idioom jy tree vir iemand in die bres. ʼn "Bres" is 'n ........ .
galgtou stiebeuel vir ʼn ridder opening in ʼn vestingmuur hofsaal
In die Middeleeue het die vyand dikwels ʼn gat in ʼn stadsmuur geskiet waardeur hulle dan die stad kon binneval. Daardie gat word ʼn "bres" genoem. As jy dus in die bres tree (gaan staan), verdedig jy jou stad. (Bron: Maroela Media)
Die ........ strek vanaf die Kantabriese See in die weste tot by die Kaap Creus aan die Middellandse See.
Pirenese Pirinese Pirinee Pireneë
Sommige plekname word verafrikaans. Die Afrikaans vir die Engelse "Pyrenees" is "Pireneë". 'n Uitgebreide lys van internasionale plekname in Afrikaans verskyn agter in die AWS. Kyk ook: https://af.wikipedia.org/wiki/Pireneë
Sien ook die bladsy Plekname.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)