2053 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 01-05-2026 (vlak 1)



vorige toets 01 MEI volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 01-05-2026 só ingevul:



Die speurder stel die ........ verloop van gebeure op.
67 % (afgerond)chronologiese of kronologiese 
18 % (afgerond)kronologiese
15 % (afgerond)chronologiese

ʼn Wisselvorm is ʼn alternatiewe spelling van ʼn woord wat steeds korrek is, byvoorbeeld, "chronologiese – kronologiese"; "Mexiko – Meksiko"; "restaurant – restourant".
Sien ook die bladsy Wisselvorme.



Hy het van baie dapper voorouers ........ .
2 % (afgerond)af gestam
98 % (afgerond)afgestam 
geafstam

Skeibare werkwoorde wat die hoofklem op die eerste lettergreep het ("afstam"), vorm die voltooide deelwoord met "-ge-" ("afgestam") (AWS 17.2).
Sien ook die bladsy Deelwoorde.



Die koppie het ........ en flenters op die vloer geval.

7 % (afgerond)flaters
3 % (afgerond)flop
80 % (afgerond)fyn 
10 % (afgerond)flint

Kollokasies is woordkombinasies wat dikwels saam gebruik word, maar nie vaste uitdrukkings is nie, omdat die woorde se afsonderlike betekenis nie verander nie. Voorbeelde van kollokasies is: “fyn en flenters”; “met hart en siel”; “teen wil en dank” en “met raad en daad”.
Sien ook die bladsy Kollokasies.



Derrick kon nie na die konsert gaan nie, omdat sy motor gebreek het.
Wat is die woordsoort van "omdat" in bostaande sin?
11 % (afgerond)bywoord
70 % (afgerond)voegwoord 
5 % (afgerond)adjektief
14 % (afgerond)konneksiewoord

Voegwoorde of konjunksies is kort woorde wat gebruik word om sinne saam te voeg en kan 'n groot invloed op die betekenis van sinne hê, byvoorbeeld:
Hy nog sy hou van Hans.
Ek en hy hou van Hans.
Ek of hy hou van Hans.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



TOTAALRESULTAAT:
79% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties