19 MRT (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 19-03-2026 só ingevul:
Ek ondersteun graag my alma mater. Die woorde "alma mater" beteken ........ .
instelling waar jy studeer het al my vriende beide my oumas kerk waar jy gedoop is
Die leenuitdrukking "alma mater" beteken 'instelling waar jy studeer het'. Die woord "alma" beteken 'voedend', terwyl "mater" na "moeder" verwys; jou "alma mater" is dus letterlik die moeder wat jou opgevoed het. (Bron: Etymonline)
Die Grondwet beskerm ons teen ........ oordadige magsvertoon.
arbitrêr arbitrere arbitrêre arbitreer
Sommige byvoeglike naamwoorde wat voor ʼn selfstandige naamwoord staan ("arbitrêr"), kry ʼn "-e" (attributiewe "-e") agteraan.
Sien ook die bladsy Attributiewe -e.
Een van die mense by wie ons gebly het, het vir my tien ........ gegee.
euros Euro's Euro euro
Die name van geldeenhede begin met 'n kleinletter. Die AWS erken die meervoudsvorm van "euro" as beide "euro" en "euro's". Onthou dat woorde wat op 'n o eindig, in die meervoudsvorm 'n afkappings-s kry.
Sien ook die bladsy Slegs kleinletter.
Die boereorkes het ʼn vinnige vastrap gespeel. Wat is die woordsoort van "vastrap" in bostaande sin?
’n Selfstandige naamwoord verwys na ’n persoon, plek of saak. ’n Mens kan dit gewoonlik uitken deurdat ’n mens ’n lidwoord (“’n” of “die”) voor die woord kan sit en dat dit 'n meervoudsvorm het. Byvoorbeeld, “vastrap - die vastrap – vastrappe”.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)