18 MRT (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 18-03-2026 só ingevul:
Jy weet nie waar ons is nie, ........ ?
nè né nê
Die bevestigingsvraagwoord "nè" word met 'n gravisteken geskryf.
Sien ook die bladsy Gravis-/akuutteken.
Die swemmer het uitgeblink in die ........ .
400m- individuele wisselslag 400m-individuele-wisselslag 400 m-individuele-wisselslag 400 m- individuele wisselslag
Volgens die nuwe AWS is 'n koppelteken verpligtend by afstandsamestellings. Sonder die tussenkomende byvoeglike naamwoord (“individuele”) sou dit vas geskryf word as “400 m-wisselslag” (AWS 12.25). Let daarop dat daar altyd 'n spasie tussen 'n syfer en 'n SI-eenheid is.
Tydens die Anglo-Boereoorlog was nie alle Boere ........ nie.
Anti-engels anti-engels anti-Engels Anti-Engels
Byvoeglike naamwoorde wat met voorvoegsels soos "anti-" en "pro-" van taalname afgelei is, word met 'n koppelteken tussen die voorvoegsel en die res geskryf. Die voorvoegsel begin met 'n kleinletter en die res met 'n hoofletter.
Sien ook die bladsy Hoof- of kleinletter.
Pieter en Lydia het van ........ af aan dinge saam begin doen; dit is dus geen wonder dat hulle uiteindelik sou trou nie.
jong jonks jonk jongs
Die vaste uitdrukking "van jongs af (aan)" beteken 'van 'n mense se jeug af'. Die deelsgenitiewe vorm "jonks" word gebruik in kontekste soos "iemand jonks".
Sien ook die bladsy Kollokasies.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)