17 MRT (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 17-03-2026 só ingevul:
Aan die regterkant van die opstal is daar 'n boord vol vrugtebome. Wat is die woordsoort van "boord" in bostaande sin?
voegwoord bywoord werkwoord selfstandige naamwoord
’n Selfstandige naamwoord verwys na ’n persoon, plek of saak. ’n Mens kan dit gewoonlik uitken deurdat ’n mens ’n lidwoord (“’n” of “die”) voor die woord kan sit en dat dit 'n meervoudsvorm het. Byvoorbeeld, “boord - die boord – boorde”.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Natasja blink uit in ........ .
landloop land-loop land loop
ʼn Samestelling ("landloop") is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele ("land" en "loop") bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.
Dié pienk tot pers edelsteen van kwarts staan bekend as ’n ........ .
Ametis Amatis ametist ametis
Benamings van edelstene ("ametis"), wat dus goud, silwer, diamant en saffier insluit, word altyd met ʼn kleinletter geskryf.
Sien ook die bladsy Slegs kleinletter.
Idioom: Soos 'n ........ op droë grond.
haai walvis dolfyn vis
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)