16 MRT (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 16-03-2026 só ingevul:
Die polisie het by die lughawe op dwelms ........ ter waarde van R50 000.
beslag gegee beslag gekry beslag gelê beslag geneem
Die selfstandige naamwoord "beslag" kan met verskillende werkwoorde gebruik word, maar elkeen het 'n ander betekenis: "Beslag lê", beteken 'in besit neem'; "beslag neem" beteken 'gebruik', 'opneem' of 'opeis', byvoorbeeld: Die kinders neem baie van my tyd in beslag. Die woorde "beslag kry", beteken 'in orde kom' of 'voltooi wees', byvoorbeeld 'n roman wat in Afrikaans sy beslag kry; "beslag gee", beteken 'iets voltooi of afhandel', byvoorbeeld beslag gee aan 'n plan. (Bron: HAT)
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).
'n Kollokasie wat beteken om die tyd te probeer wen of om die tyd op die beste manier aan te wend: Die tyd ........ .
terugdraai inhaal uitkoop uitloop
Die idioom "die tyd uitkoop" beteken 'probeer tyd wen'. (Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
Liefhebbers van ........ kan die naweek uitsien na rugby, sokker en krieket.
man-sport mans-sport mansport manssport
Samestellings met die woord "sport" kry nie in Afrikaans 'n verbindingsklank nie. By samestellings wat nie 'n verbindingsklank neem nie, is dit 'n fout indien dit wel met 'n verbindingsklank geskryf word (AWS 19.12).
Sien ook die bladsy Verbindingsklanke.
Oupa se motor is wel 'n ou krok, maar hy kan darem nog daarmee ry. Watter soort selfstandige naamwoord is "krok" in bostaande sin?
abstrakte naamwoord motornaam eienaam soortnaam
Soortname is selfstandige naamwoorde wat konkrete dinge benoem en getel kan word, byvoorbeeld "krok", "dogter", "tafel", "motor" en "telefoon". Soortname begin gewoonlik met 'n kleinletter, teenoor eiename wat met 'n hoofletter begin.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)