06 MRT (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 06-03-2026 só ingevul:
Heinrich was nog nie eens halfpad die koppie uit nie, toe is sy fut uit. Wat is 'n sinoniem vir "fut" in bostaande sin?
drif klere hemp skoene
Sinonieme is woorde wat min of meer dieselfde betekenis het. Nog sinonieme vir "fut" sluit in: 'krag'; 'lus'; 'energie'; 'deursettingvermoë', ensovoorts.
Sien ook die bladsy Sinonieme.
In daardie sentrum is daar verskeie ........ .
winkelle winkels winkelens winkele
Naamwoorde wat op "l", "m", "n", "ng" of "r" eindig waarvan die vorige vokaal kort is, kry ’n "-s" in die meervoud (AWS 13.3).
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.
Hy lag in sy ........ . ('n Idioom wat stilletjies lag beteken.)
verbeelding vuis keel kies
Idiome word ook gesegdes of segswyses genoem, terwyl party mense dit ook spreekwoorde noem. Die betekenis van die uitdrukking is nie altyd duidelik nie en word gewoonlik aangeleer.
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
Daar was gistermiddag baie toeskouers by die sokkerwedstryd. Wat is die woordsoort van "toeskouers" in bostaande sin?
adjektief naamwoord bywoord voegwoord
'n Selfstandige naamwoord verwys na 'n persoon, plek, saak, eienskap of gebeurtenis. 'n Mens kan dit uitken deurdat 'n mens 'n lidwoord ('n of die) voor die woord kan sit en dat dit 'n meervoudsvorm het. Byvoorbeeld: toeskouer - die toeskouer - toeskouers.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)