02 MRT (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 02-03-2026 só ingevul:
'n Sinoniem vir die woord "skildklier" is ........ .
gewete tiroïedklier galblaas pankreas
Sinonieme is verskillende woorde wat min of meer dieselfde betekenis het. Die woord "tiroïed" is afkomstig van die Grieks "thureos", wat 'skild' beteken, en "eidos", wat 'vorm' beteken.
Sien ook die bladsy Sinonieme.
Idioom: Goedkoop ........ is beter as 'n duur boodskap.
potlode papier penne ink
Die idioom "goedkoop ink is beter as 'n duur boodskap" beteken ''n skriftelike boodskap word nie so maklik verkeerd verstaan as 'n mondelinge boodskap nie'. (Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
Die plaaslike hoërskool hou volgende week 'n ........ .
slegs oopdag oop dag of ope dag slegs ope dag opedag of ope dag
Byvoeglike naamwoorde (soos “oop” of “warm”) word gewoonlik los van selfstandige naamwoorde (soos “skool” of “kos”) geskryf. Wanneer betekenisverdigting egter plaasgevind het (dit wil sê as die begrip ʼn spesifieke betekenis kry), vorm die twee begrippe ʼn eenheid en word hulle vas geskryf. Volgens die 2017-AWS kan 'n mens egter "opedag" of "ope dag" skryf.
Sien ook die bladsy Betekenisverdigting.
Ek sal jou môreoggend sesuur kom oplaai. Wat is die woordsoort van "kom" in bostaande sin?
koppelwerkwoord skakelwerkwoord hulpwerkwoord voorsetselwerkwoord
'n Skakelwerkwoord skakel 'n hulpwerkwoord en hoofwerkwoord aan mekaar, byvoorbeeld: Ek sal jou môreoggend sesuur "kom" oplaai. Hy sal "probeer" om sy pap te eet. Sy wou hom "help" om groente te kweek.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)