26 FEB (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 26-02-2026 só ingevul:
'n Sinoniem vir die woord "skildklier" is ........ .
strydklier limfklier tiroïedklier galblaas
Sinonieme is verskillende woorde wat min of meer dieselfde betekenis het. Die woord "tiroïed" is afkomstig van die Grieks "thureos", wat 'skild' beteken, en "eidos", wat 'vorm' beteken.
Sien ook die bladsy Sinonieme.
Hierdie ........ is heelwat kleiner as die ander by die partytjie.
ballonnetjie ballondjie ballonkie ballontjie
Woorde wat op ʼn “l”, “m”, “n” of “r” eindig wat op ʼn kort vokaal volg, kry “-etjie” in die verkleiningsvorm, met die konsonant wat verdubbel om die vokaal kort te hou.
Sien ook die bladsy Verkleiningsvorme.
Sarah Raal is die skrywer van " ........ ".
Met die Boere in die Veld Met die Boere in die Veld of Met die Boere in die veld Met Die Boere In Die Veld Met die boere in die veld
Die eerste woord van 'n publikasietitel begin met 'n hoofletter, terwyl die ander hoofwoorde met hoofletters of kleinletters geskryf kan word. Aangesien "Boere" in die titel na 'n spesifieke volksgroep verwys, word dit altyd met 'n hoofletter geskryf (asof dit 'n eienaam is).
Sien ook die bladsy Hoof- of kleinletter.
Ek het alkante toe verduidelik, maar sy kon nie my standpunt ........ nie.
insien sien
Om te sê "standpunt sien" in hierdie sin, word as anglisisties beskou.
Sien ook die bladsy Anglisismes.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)