2055 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 24-02-2026 (vlak 3)



vorige toets 24 FEB volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 24-02-2026 só ingevul:



'n Persoon wat baie ingenome met hom-/haarself is, is 'n ........ .
96 % (afgerond)ydeltuit 
eideltyd
3 % (afgerond)ydeltyd
1 % (afgerond)eideltuit

Klankverwarring lei dikwels tot spelfoute, aangesien twee letters dieselfde in Afrikaans uitgespreek word. Letters wat dikwels verwar word, is “ei” en “y”.
Sien ook die bladsy Klankverwarring.



Die versekeringsmaatskappy het met Justis oor sy uitkeerpolis ........ .
3 % (afgerond)gekorespondeer
86 % (afgerond)gekorrespondeer 
1 % (afgerond)korespondeer
10 % (afgerond)korrespondeer

Werkwoorde met drie of meer lettergrepe wat op "-eer" eindig, neem die "ge-" vooraan in die verlede tyd (AWS 17.4).
Sien ook die bladsy Verlede tyd.



Ons bure het verskeie Afrikamaskers en ........ in hulle sitkamer.
66 % (afgerond)Boeddhabeelde  
21 % (afgerond)boeddhabeelde
5 % (afgerond)boedabeelde
8 % (afgerond)Boedabeelde

Samestellings van eiename word met hoofletters geskryf. Die eerste deel van die samestelling, "Boeddha" word slegs met 'n hoofletter gespel.
Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.



My ouma se eetkamertafel is van ........ gemaak.
27 % (afgerond)embuia
7 % (afgerond)embuya
57 % (afgerond)imbuia 
9 % (afgerond)emboja

Die imbuiahoutboom (Ocotea porosa) is inheems in Brasilië en word dikwels gebruik om meubels te vervaardig. Ons kan ook na die boom verwys as "imbuiaboom" of net "imbuia" (meervoud: "imbuias").
Sien ook die bladsy Vreemde woorde.



TOTAALRESULTAAT:
76% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties