24 FEB (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 24-02-2026 só ingevul:
Wat is die oortreffende trap van "bourgeois"? ("Bourgeois" beteken 'kleinburgerlik' en word gebruik om iemand te beskryf wat kleingeestig of verkramp is.)
bourgeoisste mees bourgeoise bourgeoiste mees bourgeois
Die trappe van vergelyking van leenwoorde word meestal met "meer" en "mees" gevorm. In die geval van "bourgeois" word daar nie in die oortreffende trap 'n "-e" aan die einde bygevoeg nie.
Sien ook die bladsy Trappe van vergelyking.
Die kankerpasiënt het lank gely voordat sy dood is. Sy het die party twaalf jaar lank gelei. Die woorde "gelei" en "gely" in bostaande sinne is ........ van mekaar.
homonieme homofone sinonieme antifone
Die woorde "gelei" en "gely" is homofone, aangesien hulle dieselfde uitgespreek word, maar verskillende betekenisse en spellings het.
Sien ook die bladsy Homofone.
'n Joernalis by ........ het vanjaar die toekenning ontvang.
Beeld die Beeld Die beeld Die Beeld
"Beeld", "Rapport", "Volksblad" en "Die Burger" is publikasiename en word met hoofletters geskryf.
Sien ook die bladsy Publikasiename.
Wat noem ons iemand wat van Portugal kom?
Portugaller Portugeus Portugean Portugees
'n Omvattende lys van name van mense wat afkomstig is van lande of stede is beskikbaar by www.woordelys.co.za.
Sien ook die bladsy Afleidings van eiename.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)