23 FEB (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 23-02-2026 só ingevul:
Ons moet nog 'n ........ stap voordat ons by die winkel uitkom.
ent end endt
Homofone is woorde wat dieselfde klink, maar in spelling en betekenis verskil. Die woord "ent" verwys na 'n afstand; die woord "end" verwys na waar iets ophou.
Sien ook die bladsy Homofone.
'n Dassie het 'n klein ........ vergeleke met 'n leeu.
pelssie pelstjie pelsie
Woorde wat eindig op “f”, “g”, “k”, “p”, of “s” wat voorafgegaan word deur ʼn kort uitgespreekte “a”, “e”, “o” of “u”, kry ʼn “-ie” in die verkleiningsvorm. (AWS 15.2).
Sien ook die bladsy Verkleiningsvorme.
Ons gaan elke ........ na my ouma se huis toe.
kersfees Kersfees Kers fees
Die name van kerklike, godsdienstige en algemene feesdae en feesgetye word met 'n hoofletter geskryf.
Sien ook die bladsy Feesdae.
Die woord "waar" in die volgende sinne is 'n ........ . Is dit waar dat Mary ʼn tweeling verwag? Ek weet nie waar my sleutels is nie.
antifoon antoniem homoniem homofoon
ʼn Homoniem is twee woorde wat dieselfde klink en dieselfde gespel word, maar heeltemal ʼn ander betekenis en oorsprong het, byvoorbeeld “waar” (‘die werklikheid’) en “waar” (‘op watter plek’).
Sien ook die bladsy Homonieme.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)