20 FEB (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 20-02-2026 só ingevul:
Ma maak vanaand vir ons ........ vir aandete.
macaroni-en-kaas macaroni en kaas macaroni- en kaas
Indien ʼn woordgroep van meer as twee woorde ("macaroni, en, kaas") in die geheel betekenisverandering ondergaan het, word koppeltekens tussen al die samestellende dele van die woordgroep geskryf (AWS 12.19).
Sien ook die bladsy Koppeltekens.
Die maatskappy ontbind na baie jare van diens aan die publiek. Wat is die woordsoort van "ontbind" in bostaande sin?
onoorganklike hoofwerkwoord oorgangshoofwerkwoord oorganklike hoofwerkwoord gangbare hoofwerkwoord
In 'n sin met 'n voorwerp is die werkwoord oorganklik, byvoorbeeld: Piet skop die bal oor die muur. 'n Mens kan dit vasstel as daar 'n antwoord op die vraag "Wat?" na die werkwoord is. Indien die sin nie 'n voorwerp het nie, is die werkwoord onoorganklik, byvoorbeeld: Die maatskappy ontbind na baie jare.
Idioom: Met die mantel van ........ bedek.
liefde haat woede deernis
Die uitdrukking om iets met die "mantel van liefde te bedek" beteken 'om iemand se oortreding te vergewe'. In Engels sê 'n mens: "Cover something with the cloak of charity." (Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
Die dokter het ........ by die baba gediagnoseer.
downsindroom of Downsindroom slegs Down-sindroom slegs Downsindroom slegs downsindroom
"Down" is 'n persoonseienaam, maar kan in die samestelling met 'n hoof- of kleinletter geskryf word.
Sien ook die bladsy Eienaamverbleking.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)