2055 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 20-02-2026 (vlak 1)



vorige toets 20 FEB volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 20-02-2026 só ingevul:



Die woord "tik" in die volgende twee sinne is ’n ........ .
Baie jong mense raak aan tik verslaaf.
Joubertina tik ’n brief.
8 % (afgerond)homofoon
1 % (afgerond)sinoniem
90 % (afgerond)homoniem 
1 % (afgerond)antoniem

ʼn Homoniem is ʼn woord wat dieselfde klink en dieselfde gespel word as ʼn ander woord, maar heeltemal ʼn ander betekenis en oorsprong het, byvoorbeeld "tik" (met ’n tikmasjien skryf) en "tik" (’n soort dwelm).
Sien ook die bladsy Homonieme.



Daar is ........ in die dak om in die plafon te klim.
2 % (afgerond)luikens
2 % (afgerond)leike
1 % (afgerond)lykens
94 % (afgerond)luike 

Naamwoorde wat op "b", "d", "f", "g", "k", "p", "s" en "t" eindig ("luik"), kry ʼn "-e" in die meervoudsvorm (AWS 13.1).
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.



Idioom: Op die ........ sit.
90 % (afgerond)rak 
4 % (afgerond)stoel
1 % (afgerond)koffietafel
5 % (afgerond)kerkbank

Hierdie idioom word gebruik om na 'n ouer, ongetroude persoon te verwys.
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



Ek het ’n ........ sjokolade vir my verjaardag gekry.
89 % (afgerond)boks 
bocs
10 % (afgerond)box

Anglisismes is woorde of frases wat uit Engels ontleen word, maar waarvoor daar goeie alternatiewe in Afrikaans bestaan. Sommige anglisismes, soos "boks", word later deel van die taaleie en dien as verryking. Vir ʼn groeiende lys van anglisismes kyk https://af.wikipedia.org/wiki/Anglisisme.
Sien ook die bladsy Anglisismes.



TOTAALRESULTAAT:
91% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties