2055 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 18-02-2026 (vlak 2)



vorige toets 18 FEB volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 18-02-2026 só ingevul:



'n Mens voeg 'n paar ........ by bobotie vir geur.
16 % (afgerond)loerierblare
1 % (afgerond)lourier blare
82 % (afgerond)lourierblare 
loerier blare

ʼn Samestelling (“lourierblare”) is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele (“lourier” en “blare”) bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.



Ná die ontploffing by die kernkragsentrale moes mense binne ’n ........ van 100 km van die terrein ontruim word.
99 % (afgerond)radius 
1 % (afgerond)radiüs
1 % (afgerond)radieus
raadiüs

Wanneer twee vokale langs mekaar tot twee verskillende lettergrepe behoort, kry die tweede vokaal ʼn deelteken. Dit geld egter nie wanneer ’n "a", "o" of ’n "u" voorafgegaan word deur ’n "e", "u" of "i" nie, byvoorbeeld "radius", "geolie" en "aktuaris". Dit geld ook nie vir samestellings nie, byvoorbeeld "studie-eenheid" en "toe-eien".
Sien ook die bladsy Deelteken.



Idioom: Die beste stuurlui staan ........ .
93 % (afgerond)aan wal 
1 % (afgerond)op wal
1 % (afgerond)agter mas
5 % (afgerond)aan boord

Hierdie idioom beteken 'dis maklik om ander te kritiseer as jy nie in hul posisie is nie'.
Nog idiome en spreekwoorde kan aanlyn gekry word by: http://www.gesegdes.co.za/idiome/W1.html
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



Iemand wat ʼn restaurant verlaat sonder om te betaal, noem ons ʼn ........ .

3 % (afgerond)harmansdrup
96 % (afgerond)glyjakkals 
1 % (afgerond)geldskieter
geluksvoël

ʼn Glyjakkals is iemand wat wegglip (byvoorbeeld uit ʼn restourant) sonder om te betaal; ʼn harmansdrup is iemand wat baie stadig is; ʼn geluksvoël is iemand wat dit altyd gelukkig tref; ʼn geldskieter is iemand wat geld uitleen. (Bron: Die Afrikaanse Makro Gids - I Uys)

Sien ook die bladsy Persoonsname.



TOTAALRESULTAAT:
92% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties