18 FEB (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 18-02-2026 só ingevul:
Die perd het die ruiter ........ .
geafgooi afgegooi af gegooi
Skeibare werkwoorde wat die hoofklem op die eerste lettergreep het, vorm die voltooide deelwoord met “-ge-” (AWS 17.2).
Sien ook die bladsy Verlede tyd.
Hy het ........ met sy ma baklei.
selvs selws selfs
Klankverwarring lei dikwels tot spelfoute wanneer twee letters dieselfde uitgespreek word in Afrikaans. Twee letters wat dikwels verwar word, is "f" en "v".
Sien ook die bladsy Klankverwarring.
Weens die droogte moes boere byna al hul skape ........ .
keelaf sny keelafsny keel afsny keel af sny
Die woord "keelaf" is 'n samestelling van 'n naamwoord "keel" en 'n setsel "af". Ander voorbeelde sluit in "bergop", "dagin en daguit", "koopaf" en "stroomop". Samestellings moet vas geskryf word (AWS 15.3).
Sien ook die bladsy Samestellings.
Die woord "kos" in die volgende twee sinne is ’n ........ .
Hoeveel kos hierdie koffie? Jy moet al jou kos opeet!
homofoon sinoniem homoniem antoniem
ʼn Homoniem is twee woorde wat dieselfde klink en dieselfde gespel word, maar heeltemal ʼn ander betekenis en oorsprong het, byvoorbeeld "kos" (‘hoe duur iets is’) en "kos" (‘ete’).
Sien ook die bladsy Homonieme.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)