16 FEB (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 16-02-2026 só ingevul:
Staan ʼn bietjie weg, ons is te ........ .
op mekaar opmakaar op makaar opmekaar
Die mense staan (dig) "opmekaar" en die kiste word (op 'n hoop) "op mekaar gestapel" of "opmekaargestapel". Die twee is verlief "op mekaar" of vertrou "op mekaar". (Bron: Skryf Afrikaans A tot Z)
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).
Idioom: Om die klok te hoor lui, maar weet nie waar die ........ hang nie.
klepel lepel leppel kleppel
Die idioom "om die klok te hoor lui, maar weet nie waar die bel/klepel hang nie" beteken 'om iets te gehoor het, maar nie die besonderhede te ken nie'. (Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
Hierdie bydraes was die motivering vir die ........ van die span.
reusesukses reus sukses reuse sukses reussukses
Die woorddeel "reuse-" is nie 'n byvoeglike naamwoord nie, maar eerder 'n woorddeel van 'n selfstandige naamwoord. Om dit te bewys kan ons sien dat "reuse-" nie in die toets van 'n byvoeglike naamwoord val nie in die sin dat dit nie na 'n koppelwerkwoord kan staan nie. Byvoorbeeld, 'n mens kan nie se die fout is "reuse" nie. Dit het ook nie trappe van vergelyking nie.
Die Bloeddiens se doelwit is om 5 000 ........ bloed voor Kersfees te ontvang.
pinte eenhede punte
In Suid-Afrika gebruik ons die metrieke maat. Een eenheid bloed is ongeveer 480 ml wat in elk geval minder is as 'n pint, wat sowat 568 ml is.
Sien ook die bladsy Vertaling en terminologie.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)