13 FEB (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 13-02-2026 só ingevul:
Daar is 'n ........ in hierdie toestel, ek sal dit moet terugneem sodat hulle dit kan vervang.
deefek deffek deeffek defek
In oop lettergrepe word die vokale “a”, “e”, “o” en “u” nie verdubbel nie (AWS 16.2).
Sien ook die bladsy Lang/kort vokale.
Daardie gebaar is ........ na die maal; almal het al daarvan vergeet.
mustert mosterd mustard mostert
Klankverwarring lei dikwels tot spelfoute, aangesien twee letters dieselfde in Afrikaans uitgespreek word. Twee letters wat dikwels verwar word, is “d” en “t”. Let wel dat die van Mostert wel met 'n t gespel word.
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
Gauteng se LUR vir onderwys het 'n beroep op skoolbeheerliggame gedoen om die beste moontlike skoolhoofde en onderwysers aan te stel om ........ te verseker.
gehalte onderwys gehalte-onderwys gehalteonderwys
ʼn Samestelling (“gehalteonderwys”) is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele (“gehalte” en “onderwys”) bestaan. Samestellings moet vas geskryf word. Die koppelteken is nie nodig nie omdat dit nie uitspraakprobleme veroorsaak nie.
Sien ook die bladsy Samestellings.
'n Sinoniem vir die woord "wild" is ........ .
getem rustig mak woes
Sinonieme is verskillende woorde wat min of meer dieselfde betekenis het, byvoorbeeld, "wild - woes", "trilling - bewing".
Sien ook die bladsy Sinonieme.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)