12 FEB (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 12-02-2026 só ingevul:
Dit is verblydend om te sien hoeveel mense in Beter Afrikaans ........ .
belangstel of belang stel belang stel belangstel
ʼn Wisselvorm is ʼn alternatiewe spelling van ʼn woord wat steeds korrek is, byvoorbeeld, “belangstel – belang stel”; “Mexiko – Meksiko”; “restaurant – restourant”.
Sien ook die bladsy Wisselvorme.
Ná die oorlog was daar ʼn ........ tekort aan kos.
nypende nypend neipende neipend
Sommige byvoeglike naamwoorde wat voor ʼn selfstandige naamwoord staan, kry ʼn “-e” (attributiewe “-e”) agteraan.
Sien ook die bladsy Attributiewe -e.
Die Republiek Ierland gebruik die ........ as geldeenheid.
Euro euro pond Pond
Die name van geldeenhede begin met ʼn kleinletter.
Sien ook die bladsy Slegs kleinletter.
Weens die droogte is die watertoevoer na die dorp afgesny en het die inwoners dors ........ .
gelei gegaan gely
'n Mens "ly dors"; die uitdrukking "dors gaan" is 'n anglisisme van die Engels "go thirsty".
Sien ook die bladsy Anglisismes.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)