11 FEB (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 11-02-2026 só ingevul:
Die kulkunstenaar het die vrou nie regtig middeldeur gesaag nie; dis net ........ .
oë verblindery oë-verblindery oëverblindery
ʼn Samestelling (“oëverblindery”) is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele (“oë” en “verblindery”) bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.
David begin al hoe meer ........ teenoor sy vriende optree. Sommige is bang dat hy iets onverantwoordeliks gaan doen.
asosiäal asosial asosjaal asosiaal
Wanneer twee vokale langs mekaar tot twee verskillende lettergrepe behoort, kry die tweede vokaal ʼn deelteken. Dit geld egter nie wanneer ’n “a” of ’n “o” voorafgegaan word deur ’n “a”, “o”, “e”, “u” of “i” nie, byvoorbeeld “chaos”, “geolie” en “aktuaris”. Dit geld ook nie vir samestellings nie, byvoorbeeld “studie-eenheid” en “toe-eien”.
Sien ook die bladsy Deelteken.
Idioom: Hy is vandag só lui dat hy geen ........ versit nie!
voet been hand toon
Die idioom "om geen voet te versit nie" beteken 'om nie die minste moeite te doen nie'. 'n Engelse lui ou "make no move". (Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
........ hoë reënval het vanjaar in die Wes-Kaap voorgekom.
Buitengewone Buiten gewone buiten gewone buitengewone
Die eerste woord van ʼn sin begin met ʼn hoofletter ("Buitengewone"), tensy die sin met die onbepaalde lidwoord " ʼn" begin – dan kom die hoofletter ná die onbepaalde lidwoord.
Sien ook die bladsy Sinsbegin.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)