2060 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 11-02-2026 (vlak 1)



vorige toets 11 FEB volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 11-02-2026 só ingevul:



Toe ek jonger was, het ek altyd ’n rooi sportmotor ........ .
98 % (afgerond)begeer 
2 % (afgerond)gebegeer
begegeer

Skeibare werkwoorde wat die hoofklem op die eerste lettergreep het, vorm die voltooide deelwoord met "-ge-" (AWS 17.2).
Sien ook die bladsy Deelwoorde.



Die kwajongens het 'n klip ........ die venster gegooi.
1 % (afgerond)dwars deer
16 % (afgerond)dwars deur
80 % (afgerond)dwarsdeur 
2 % (afgerond)dwarsdeer

As gevolg van ontronding in die uitspraak, skryf party mense verkeerdelik “dwarsdeer” in plaas van die korrekte “dwarsdeur”.
Sien ook die bladsy Ont-/oorronding.



Tussen sy speelgoed was daar 'n giftige ........ .
2 % (afgerond)geel-slangetjie
12 % (afgerond)geel slangetjie
86 % (afgerond)geelslangetjie 

Byvoeglike naamwoorde (soos "geel") word gewoonlik los van selfstandige naamwoorde (soos "slangetjie") geskryf. Wanneer betekenisverdigting egter plaasgevind het (dit wil sê as die begrip ʼn spesifieke betekenis kry), vorm die twee begrippe ʼn eenheid en word hulle vas geskryf. Die name van plante en diere het gewoonlik betekenisverdigting ondergaan.
Sien ook die bladsy Samestellings.



Die ........ sê hierdie pille sal die verkoue sommer vinnig laat oorwaai.
87 % (afgerond)apteker 
8 % (afgerond)apoteker
5 % (afgerond)apotheker
1 % (afgerond)aptheker

Vreemde woorde wat verafrikaans word, word volgens die gewone Afrikaanse taalreëls gespel. Die woord "apteek" kom uit Latyn "apotheca" via Grieks en het in Afrikaans tereggekom via die Nederlandse "apotheek".
Bron: Etimologiewoordeboek van Afrikaans
Sien ook die bladsy Verafrikaanste woorde.



TOTAALRESULTAAT:
88% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties