10 FEB (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 10-02-2026 só ingevul:
Die skilder het besluit om slegs die vrou se ........ in sy skildery te gebruik.
silhoeet silhoeëet silhoët silhoeët
Die deelteken word in sommige Afrikaanse simplekse en afleidings gebruik waarin daar twee of meer aangrensende vokaalletters voorkom wat tot verskillende lettergrepe behoort en wat uitgespreek sou kon word asof hulle tot dieselfde lettergreep behoort. Die deelteken dui hier die begin van 'n nuwe lettergreep aan.
Sien ook die bladsy Klankverwarring.
Sarel het hom ........ toe hy hoor die boelie is uitgevang.
geferkneukel ferkneukel verkneukel geverkneukel
"Verkneukel" beteken om 'stilletjies lekker te kry oor iets'. Woorde wat met "be-", "ge-", "her-", "er"-, "ont-" en "ver-" begin, kry nie 'n "ge-" in die verlede tyd nie.
Sien ook die bladsy Verlede tyd.
Die sogenaamde Sonkoning, wat in Frans 'Louis XIV' heet en tussen 1638 en 1715 vir 72 jaar oor Frankryk regeer het, staan in Afrikaans bekend as ........ .
Lodewyk XIV Ludovic XIV Ludwig XIV Louis XIV
Die Afrikaanse benaming vir Louis XIV is Lodewyk XIV. Verwysing: http://af.wikipedia.org/wiki/Lodewyk_XIV_van_Frankryk
Sien ook die bladsy Persoonsname.
Die aansoek moet deur 'n ........ gesertifiseer word.
privaatveearts privaat veearts privateveearts
Die woord "privaat" of "private" is 'n adjektief of byvoeglike naamwoord. Adjektiewe beskryf die eienskap van die naamwoord. ’n Adjektief moet voor ’n selfstandige naamwoord kan staan, byvoorbeeld: Dit is ’n “privaat” sektor. Adjektiewe het ook trappe van vergelyking, byvoorbeeld: “privaat”, “meer privaat”, “die privaatste”.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)