2060 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 10-02-2026 (vlak 2)



vorige toets 10 FEB volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 10-02-2026 só ingevul:



Mahler se agste simfonie is een van sy ........ komposisies.
1 % (afgerond)mees omvangryk
15 % (afgerond)mees omvangrykste
84 % (afgerond)omvangrykste 
1 % (afgerond)meer omvangryk

Trappe van vergelyking volg gewoonlik ’n gevestigde patroon: Daar is die stellende trap, byvoorbeeld “omvangryk”, die vergrotende trap, byvoorbeeld “omvangryker” en die oortreffende trap, byvoorbeeld “die omvangrykste”.
Sien ook die bladsy Trappe van vergelyking.



ʼn Helikopter styg ........ in die lug op.

1 % (afgerond)wertikaal
vertiekaal
wertiekaal
98 % (afgerond)vertikaal 

Klankverwarring lei dikwels tot spelfoute wanneer twee letters dieselfde uitgespreek word in Afrikaans. Twee letters wat dikwels verwar word, is "v" en "w".
Sien ook die bladsy Klankverwarring.



Die tienermeisie in Moskou volg die modes uit ........ slaafs na.
Die weste
73 % (afgerond)die Weste 
14 % (afgerond)Die Weste
13 % (afgerond)die weste

Wanneer ons na die windrigting verwys, skryf ons "weste" (byvoorbeeld "die wind waai uit die weste"), maar wanneer ons na die geografiese streek verwys, skryf ons "die Weste".
Sien ook die bladsy Plekname.



Die monument is onthul ........ soldate wat in die oorlog gesneuwel het.
72 % (afgerond)ter ere van 
ter ere by
ter ere oor
27 % (afgerond)ter ere aan

Kollokasies is woordkombinasies wat dikwels saam gebruik word, maar nie vaste uitdrukkings is nie, omdat die woorde se afsonderlike betekenis nie verander nie. Voorbeelde van kollokasies is: “ter ere van”; “met hart en siel”; “teen wil en dank” en “met raad en daad”.
Sien ook die bladsy Kollokasies.



TOTAALRESULTAAT:
82% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties