2060 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 10-02-2026 (vlak 1)



vorige toets 10 FEB volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 10-02-2026 só ingevul:



Die brouer weet hoe lank die bier moet gis.
Wat is die woordsoort van "gis" in bostaande sin?
voegwoord
3 % (afgerond)selfstandige naamwoord
2 % (afgerond)bywoord
95 % (afgerond)werkwoord 

'n Werkwoord benoem die aksie of proses in 'n sin. Een manier om vas te stel of 'n woord 'n werkwoord is, is om te kyk of daar 'n verledetydsvorm van die woord bestaan, wat gewoonlik met "ge-" aangedui word, byvoorbeeld "gis - gegis".
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



Die ........ van die bekende sepie klink saans uit al die huise in ons straat.
96 %kenwysie 
2 % (afgerond)ken-wysie
2 % (afgerond)ken wysie

ʼn Samestelling ("kenwysie") is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele ("ken" en "wysie") bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.



........ Andrew ook daar is, sal ek bly wees.
as
als
91 %As 
8 % (afgerond)Als

Die eerste woord van ʼn sin begin met ʼn hoofletter, tensy die sin met die onbepaalde lidwoord " ʼn" begin – dan kom die hoofletter ná die onbepaalde lidwoord.
Sien ook die bladsy Sinsbegin.



Idioom: Vee eers voor jou eie ........ .
2 % (afgerond)voete
1 %trappe
10 % (afgerond)stoep
86 % (afgerond)deur 

Hierdie idioom beteken 'dink aan jou eie gebreke'.
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



TOTAALRESULTAAT:
92% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties