09 FEB (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 09-02-2026 só ingevul:
Die kwessie van ........ in die Karoo maak mense warm onder die kraag.
hidrobreking hidro-breking hidroe-breking hidroebreking
Die woorddeel "hidro-" in "hidrobreking" word sonder 'n "e" gespel. Dit is afkomstig van die Griekse woord "hudor" wat 'water' of 'vog' beteken. (Bron: HAT)
Sien ook die bladsy Verafrikaanste woorde.
Soos henne kekkel, so ........ kalkoene.
gaggel koel-koel blaas kloek
Kalkoene koel-koel, hoenders kloek en ganse blaas, snater of gaggel.
Sien ook die bladsy Dieregeluide.
Daar word later vanjaar 'n ........ in die land gehou.
plaaslike owerheids verkiesing plaaslike owerheids-verkiesing plaaslikeowerheidsverkiesing plaaslike-owerheids verkiesing
Samestellende samestellings word vas geskryf en bestaan tipies uit ʼn woordgroep (byvoeglike naamwoord "plaaslike" + selfstandige naamwoord "owerheid") en ʼn selfstandige naamwoord "verkiesing". Die "-s-" is 'n verbindingsklank.
Sien ook die bladsy Samestellende samestellings.
Waarvoor staan die afkorting "kW"?
kwart kworum kilowatt kwadraat
Die Afrikaanse Woordelys en Spelreëls het 'n omvattende lys met afkortings in Afrikaans. Jy kan ook vir afkortings soek op www.woordelys.co.za.
Sien ook die bladsy Afkortings.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)