2060 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 09-02-2026 (vlak 1)



vorige toets 09 FEB volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 09-02-2026 só ingevul:



Die operasangeres se ........ het gemaak dat haar kontrak nie hernu is nie.
80 % (afgerond)temperament 
18 % (afgerond)temprament
1 % (afgerond)tempramend
1 % (afgerond)temperamend

Assimilasie vind plaas wanneer twee verskillende klanke (soos die tweede “e” en die “r” in “temperament”) eenders uitgespreek en geskryf word.
Sien ook die bladsy Assimilasie.



Ons het ........ om nie vanjaar met vakansie te gaan nie.
1 % (afgerond)gesluit
1 % (afgerond)gebesluit
99 % (afgerond)besluit 
begesluit

Woorde wat met “be-”, “ge-”, “her-”, “er-”, “ont-” en “ver-” begin, kry nie ʼn “ge-” in die verlede tyd of verboë vorm nie.

Sien ook die bladsy Verlede tyd.



Ek sal die ........ moet gaan sien om die vergroeisel uit te sny.
2 % (afgerond)Sjirurg
17 % (afgerond)sjirurg
77 % (afgerond)chirurg 
5 % (afgerond)Chirurg

ʼn Persoonsnaam is ʼn afgeleide selfstandige naamwoord wat ʼn persoon aandui, byvoorbeeld "chirurg", "kommunis", "protestant", "tikster". Dit begin gewoonlik met ʼn kleinletter.
Sien ook die bladsy Persoonsname.



Studente ervaar dikwels ........ tydens die eksamen.
19 % (afgerond)stress
81 % (afgerond)stres 

Vreemde woorde wat verafrikaans word, word volgens die gewone Afrikaanse spelreëls gespel. Al skryf ons "stress" in Engels, skryf ons "stres" in Afrikaans.
Sien ook die bladsy Verafrikaanste woorde.



TOTAALRESULTAAT:
84% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties