06 FEB (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 06-02-2026 só ingevul:
Die produksie van die werkers oor die afgelope jaar is ʼn ........ .
prestaasie prestaasi prestasie prestasi
In oop lettergrepe word die vokale “a”, “e”, “o” en “u” nie verdubbel nie (AWS 16.2).
Sien ook die bladsy Lang/kort vokale.
Idioom: Iets sal jou ........ bekom.
sier beter suur bruikbaar
Die idioom "iets sal jou suur bekom", beteken 'jy sal vir iets moet boet'. (Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
Baie dinge het in Oos-Europa verander ná die ........ deur die Russe.
bewindoorname bewinds-oorname bewinds oorname bewindsoorname
By sommige samestellings is ’n verbindingsklank verpligtend, byvoorbeeld “bewindsoorname”, “ambagsman”, “denneboom”, “nooiensvan” en “kinderkamer”. Woorde met verbindingsklanke word altyd vas geskryf.
Sien ook die bladsy Verbindingsklanke.
Tanya wil graag ná skool ........ gaan studeer.
teeulogie teologie tioelogie
Vreemde woorde wat verafrikaans word, word volgens die gewone Afrikaanse taalreëls gespel. Die woord "teologie" kom van die Griekse "theos", wat 'god' beteken en "legein" oftewel 'spreek'.
Sien ook die bladsy Verafrikaanste woorde.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)