0 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 29-01-2026 (vlak 1)



vorige toets 29 JAN Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 29-01-2026 só ingevul:



Arnold en Janine beplan om hulle ........ op 'n tropiese eiland deur te bring.
98 % (afgerond)wittebrood 
2 % (afgerond)witbrood
wit brood
witte brood

Byvoeglike naamwoorde (soos "wit" of "warm") word gewoonlik los van selfstandige naamwoorde (soos "brood" of "kos") geskryf. Wanneer betekenisverdigting egter plaasgevind het, vorm die twee begrippe 'n eenheid en word hulle dan vas as een woord geskryf. Die woord "wittebrood" is 'n vaste begrip wat ontstaan het deur die betekenisverdigting van die twee woordelemente "wit(te)" en "brood" tot die konsep van 'n 'huweliksreis' of 'vakansie ná 'n troue'.
Sien ook die bladsy Betekenisverdigting.



Jenita is Ouma se fraaiste ........ fynste, stroopsoet poppie.
:
98 % (afgerond), 
2 % (afgerond)Geen leesteken nie
;

Sinne met 'n lys van byvoeglike naamwoorde kry kommas om ruspunte tussen die woorde aan te dui.
Sien ook die bladsy Komma.



Uitdrukking: Male sonder ........ .
4 % (afgerond)getal
8 % (afgerond)ete
88 % (afgerond)tal 

Die uitdrukking "male sonder tal" beteken 'verskeie kere'.
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



Die ........ is 'n bergpas op die N1- nasionale pad in die Wes-Kaap.
1 % (afgerond)hexrivierpas
4 % (afgerond)Hexrivier pas
94 % (afgerond)Hexrivierpas 
hexrivier pas

Eiename en plekname word met 'n hoofletter geskryf.
Die vallei waar die pas loop het eers die "Exeriviervallei" geheet omdat twee riviere in die suide van die vallei in ʼn vorm van ʼn X bymekaar gekom het.

Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.



TOTAALRESULTAAT:
94% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties