27 JAN (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 27-01-2026 só ingevul:
Errol Arendz het Charlize Theron se rok ........ .
ontgewerp geöntwerp geontwerp ontwerp
Woorde wat met “be-”, “ge-”, “her-”, “er-”, “ont-” en “ver-” begin, kry nie ʼn “ge-” in die verlede tyd of verboë vorm nie.
Sien ook die bladsy Verlede tyd.
In die ou dae is waterpype van lood gemaak. 'n Nuwe loot het aan die boom begin uitloop. Die woorde "lood" en "loot" in bostaande sinne is ........ van mekaar.
sinonieme homonieme homofone antifone
Die woorde "lood" en "loot" is homofone, aangesien hulle dieselfde uitgespreek word, maar verskillende betekenisse en spellings het.
Sien ook die bladsy Homofone.
Die reuseslang wat in Suid-Amerikaanse riviere en mere aangetref word, staan bekend as 'n ........ .
Aikôna Anakonda aikôna anakonda
Die gewone benaminge van plante en diere begin met kleinletters al is die eerste deel van die samestelling van die naam ’n eienaam, byvoorbeeld "anakonda", "gaboenadder", "sederbergghwarrie", "zambezihaai" (AWS 9.7a).
Sien ook die bladsy Dier- en plantname.
Die storm gier heelnag lank. Die nuutste gier in ons skool is T-hemde met slagspreuke. Die woord "gier" in bostaande sinne is ........ .
homofone sinonieme homonieme antonieme
Homonieme is woorde wat dieselfde klink en dieselfde gespel word, maar heeltemal ʼn ander betekenis en oorsprong het, byvoorbeeld "skerp geluid maak" en "gier" (‘iets nuuts’).
Sien ook die bladsy Homonieme.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)