26 JAN (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 26-01-2026 só ingevul:
Janet is ’n platjie; sy hou nie van ........ nie.
tuurlanteintjies tierlantyntjies tuurlantyntjies tierlanteinkies
As gevolg van oorronding in die uitspraak, skryf party mense verkeerdelik "tuurlantyntjies" in plaas van die korrekte "tierlantyntjies".
Sien ook die bladsy Ont-/oorronding.
Die ........ hoof het verlede week die skool besoek.
voormalig foormalige voormalige foormalig
Sommige byvoeglike naamwoorde wat voor ʼn selfstandige naamwoord staan, kry ʼn “-e” (attributiewe “-e”) agteraan.
Sien ook die bladsy Attributiewe -e.
Die ........ is die grootste takrivier van die Oranjerivier in Suid-Afrika
Vaal rivier Vaal Rivier Vaalrivier vaalrivier
Geografiese name, byvoorbeeld die name van riviere en damme, begin met 'n hoofletter.
Sien ook die bladsy Plekname.
Die woord "koper" in die volgende sin is 'n ........ . Het jy al 'n koper vir die huis gekry? Hierdie ketel is van koper gemaak.
homoniem homofoon sinoniem antoniem
ʼn Homoniem is twee woorde wat dieselfde klink en dieselfde gespel word, maar heeltemal ʼn ander betekenis en oorsprong het, byvoorbeeld “koper” (‘iemand wat iets koop’) en “koper” (‘'n metaalelement’).
Sien ook die bladsy Homonieme.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)