23 JAN (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 23-01-2026 só ingevul:
........ is ’n landboutegniek wat by onbesproeide landbougewasse, wat min jaarlikse natuurlike reënval ontvang, toegepas word.
Droëlandboerdery Droë land-boerdery Droë-land boerdery Droë land boerdery
Samestellende samestellings word vas geskryf en bestaan tipies uit 'n woordgroep (byvoeglike naamwoord + selfstandige naamwoord) en 'n selfstandige naamwoord. https://af.wikipedia.org/wiki/Dro%C3%ABlandboerdery
Sien ook die bladsy Samestellings.
Ek omhul my graag met skuim in 'n lekker warm bad. Watter soort werkwoord is die woord "omhul" in bostaande sin?
onoorganklike hoofwerkwoord oorganklike hoofwerkwoord statiese hoofwerkwoord bedrywige hoofwerkwoord
In 'n sin met 'n voorwerp is die werkwoord oorganklik, byvoorbeeld: Piet skop die bal oor die muur. 'n Mens kan dit vasstel as daar 'n antwoord op die vraag "Wat?" na die werkwoord is. Indien die sin nie 'n voorwerp het nie, is die werkwoord onoorganklik, byvoorbeeld: Piet skop hoog. 'n Mens kan dit maklik vasstel as daar 'n antwoord op die vraag "Hoe?" na die werkwoord is.
20 ........ het die partytjie bygewoon.
Mense mense
Vermy dit sover as moontlik om 'n sin met 'n syfer te begin. As dit egter nie anders kan nie, word die eerste woord ná die syfer, getal of simbool met 'n kleinletter geskryf.
Sien ook die bladsy Sinsbegin.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)