0 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 22-01-2026 (vlak 3)



vorige toets 22 JAN volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 22-01-2026 só ingevul:



Die manlike vorm van "blondine" is ........ .
1 % (afgerond)blont
84 % (afgerond)blonde man 
15 % (afgerond)blondeur

Sommige manlike en vroulike vorms is maklik om af te lei; ander moet egter aangeleer word, byvoorbeeld "blonde man - blondine", "lugwaardin - vlugkelner", "strooimeisie - strooijonker".
Sien ook die bladsy Manlik/vroulik.



Ek het 'n ........ by die pandspel gekry.
26 % (afgerond)polvyntjie
71 % (afgerond)polfyntjie 
2 % (afgerond)polfeintjie
1 % (afgerond)polveintjie

Klankverwarring lei dikwels tot spelfoute, aangesien twee letters dieselfde in Afrikaans uitgespreek word. Twee letters wat dikwels verwar word, is “f” en “v”. Die woord "polfyntjie" is ietwat onbekend en beteken 'pand' by pandspeletjies, 'soort koekie' of 'nooientjie'. Daarteenoor verwys die "polvy" na die hak van 'n skoen.
(Bron: HAT)
Sien ook die bladsy Klankverwarring.



Ons het altyd 'n ........ vol petrol in die kar vir noodgevalle.
90 % (afgerond)twintigliterhouer 
3 % (afgerond)twintig literhouer
5 % (afgerond)twintigliter houer
3 % (afgerond)twintig liter houer

Samestellende samestellings word vas geskryf en bestaan tipies uit 'n woordgroep (telwoord + selfstandige naamwoord) en 'n selfstandige naamwoord.
Sien ook die bladsy Samestellende samestellings.



Rugby is die veld waarin hy die meeste kennis het.
Watter betekenis van "veld" word in die konteks van hierdie sin bedoel?
96 % (afgerond)gebied 
3 % (afgerond)oppervlak waarop sport beoefen word
1 % (afgerond)vlakte

Poliseme is woorde met meer as een betekenis. Die konteks van 'n woord is die belangrikste faktor by hierdie verskynsel.
Sien ook die bladsy Poliseme.



TOTAALRESULTAAT:
85% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties