19 MRT (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 19-03-2026 só ingevul:
Die boer het al sy varke, insluitende sy bere en ........ , na die vendusie geneem.
sogge of sôe sôe sogte sogge
'n Sog is 'n vroulike vark en die meervoudsvorm daarvan kan "sogge" of "sôe" wees. By sommige woorde wat eindig op 'n "g", kan een van die moontlike meervoudsvorme gevorm word deur die toevoeging van 'n "-e" aan die einde van die woord, tesame met die weglating van die "g" en die toevoeging van 'n kappie op die vokaal wat die "g" voorafgegaan het. Ander voorbeelde sluit in "brug" wat "brûe" word en "wig" wat "wîe" word.
Die ........ van kleur in die skildery is mooi.
afwisselling afwiseling awisseling afwisseling
Aangesien die "i" in "wissel" kort en beklemtoon is, word dit gevolg deur 'n dubbel-"s".
Sien ook die bladsy Konsonantverdubbeling.
........ is 'n subvariëteit van Oranjerivierafrikaans.
Griekwa-Afrikaans Griekwaafrikaans Griekwa-afrikaans of Griekwa-Afrikaans Griekwa-afrikaans of Griekwaäfrikaans
'n Saamgestelde taalbenaming bestaande uit die naam van 'n gebruikersgroep plus 'n basiese taalnaam (bv. "Oranjerivierafrikaans") word sonder 'n koppelteken vas geskryf. Die koppelteken in "Griekwa-afrikaans" of "Griekwa-Afrikaans" word genoodsaak deur die opeenvolging van vokaalletters wat tot verskillende lettergrepe behoort.
Sien ook die bladsy Koppeltekens.
Die ........ is 'n inheemse, tropiese boom met 'n terpentynagtige geur.
moepani mopani mopanie mupanie
In 'n oop of geslote eindlettergreep van verafrikaanste leenwoorde wat reeds lank gelede aan Afrikatale ontleen is, word die klank [i] met die letters "ie" weergegee. Die spelling "mopani" kom wel soms voor, maar "mopanie" is meer gevestig en word in die AWS as enigste spelvorm erken.
Sien ook die bladsy Afrikataalleenwoorde.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)