2114 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 19-03-2026 (vlak 1)



vorige toets 19 MRT Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 19-03-2026 só ingevul:



Op pad ........ het ons verby ’n ongeluk gery.
2 % (afgerond)skool-toe
59 % (afgerond)skool toe 
39 % (afgerond)skooltoe

Bywoordelike verbindings ("skool toe") wat uit ʼn selfstandige naamwoord ("skool") en "toe" bestaan, word los geskryf (AWS 15.56).
Sien ook die bladsy Samestellings.



Haar hardwerkendheid het my ........ .
82 % (afgerond)beïndruk 
1 % (afgerond)be-indruk
17 % (afgerond)beindruk

Wanneer twee vokale langs mekaar tot twee verskillende lettergrepe behoort, kry die tweede vokaal ʼn deelteken ("beïndruk"). Dit geld egter nie wanneer ’n "a" of ’n "o" voorafgegaan word deur ’n "e", "u" of "i" nie, byvoorbeeld "geoefen", "geolie" en "aktuaris". Dit geld ook nie vir samestellings nie, byvoorbeeld "studie-eenheid" en "toe-eien".
Sien ook die bladsy Deelteken.



Die baas gee geen ........ vir haar werknemers om nie.
10 % (afgerond)sners
86 % (afgerond)snars 
4 % (afgerond)snaars

Die uitdrukking "nie ’n snars omgee nie," beteken ‘glad nie omgee nie’. Die Engelse weergawe van hierdie uitdrukking is ‘not care a hoot’. Die woord "snars" is afkomstig van die Nederlandse werkwoorde wat ‘in een teug wegslaan’ beteken. (Bron: Spreekwoorde – Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



Die nuwe ........ het ’n innemende geaardheid.
11 % (afgerond)Dominee
85 % (afgerond)dominee 
2 % (afgerond)Dominie
2 % (afgerond)dominie

ʼn Persoonsnaam is ʼn afgeleide selfstandige naamwoord wat ʼn persoon aandui, byvoorbeeld "dominee", "kommunis", "protestant", "tikster". Dit begin gewoonlik met ʼn kleinletter.
Sien ook die bladsy Slegs kleinletter.



TOTAALRESULTAAT:
78% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties