18 DES (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 18-12-2025 só ingevul:
Wat is die meervoud van "kolonel-generaal"?
kolonels-generaals kolonelle-generaal kolonels-generaal kolonels-generale
'n "Kolonel-generaal" is 'n spesifieke soort kolonel en daarom word die meervoud op "kolonel" gevorm.
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.
Dit lê op die ........ van my belangstelling.
perriverie periverie periferie perriferie
Klankverwarring lei dikwels tot spelfoute, aangesien twee letters dieselfde uitgespreek word in Afrikaans. Een van die belangrike sondebokke is "f/v". Die betekenis van "perifeer" is 'nie sentraal', 'aan die buitekant'. Die "periferie" is die 'buiterand', of in meetkunde beteken die woord 'sirkelomtrek'.
Dit was so besig, daar was nie eens kans vir ........ nie.
asem skep asemskep asem-skep
Wanneer 'n naamwoord plus 'n werkwoord betekenisverdigting ('n woordgroep wat met verloop van tyd 'n gespesialiseerde betekenis verkry het wat verskil van die oorspronklike groep) ondergaan het, word die verbinding vas geskryf.
Sien ook die bladsy Betekenisverdigting.
Op hierdie foto's kan jy vier geslagte sien; hier is my ma, my ouma, my oumagrootjie en my ........ .
oeroumagrootjie agteroumagrootjie ooroumagrootjie
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)